For COVID-19 updates, visit the official government website www.sacoronavirus.co.za

Slide 1
From one of the best, to the best
Slide 2
From one of the best, to the best
Slide 3
Slide 4
From one of the best, to the best
Slide 5
From one of the best, to the best
Slide 6
From one of the best, to the best
Slide 7
From one of the best, to the best

Geweld en mishandeling is die werklikheid van vele Suid-Afrikaners en dit is dikwels ‘n simptoom van dieper maatskaplike probleme in ons samelewing. Deur op te staan en dit te veroordeel, kan ons verandering bring, veral vir die talle vroue en kinders wat geweld verduur en daaronder ly. Die wêreldwye tema vir hierdie jaar se 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, wat vanaf 25 November 2021 tot 10 Desember 2021 duur, is “Verander die wêreld: Staak geweld teen vroue en kinders nou!”

Die 16 Dae van Aktivisme-veldtog fokus daarop om verhoogde bewustheid te skep oor die negatiewe impak wat geweld en mishandeling op vroue en kinders het, asook die maatskaplike grein van ons samelewing.

Waarom is hierdie veldtog belangrik?
Die regte van vroue en kinders is fundamentele menseregte, beskerm deur ons Grondwet. Geslagsgebaseerde- en kindergeweld, in al sy gedaantes, verminder die menswaardigheid en selfwaarde van die mishandelde persoon. Dit moet in ons samelewing gestuit word. Die veldtog kan slegs slaag as ons saamstaan om ons samelewing teen hierdie kringloop van mishandeling te beskerm.

Wat is mishandeling?
Mishandeling is enige vorm van skaad, insluitende wanneer iemand jou:
• liggaam fisies of seksueel knou,
• beledig, of met geweld dreig,
• seksueel teister,
• tuis, of in die publiek, verneder of aftakel,
• beheer neem oor hoe jy jou geld spandeer,
• keer om te werk te bekom, of om jou werk te behou, of om vriende en familie-bande te hê,
• bekruip deur jou te volg of jou sonder toestemming besoek,
• gesondheid of welstand skaad, of
• telefoonoproepe monitor, of bepaal waar jy mag gaan of nie mag gaan nie.

Wat is die doel van die veldtog?
Die veldtog het dit ten doel om:
• Verhoogde bewustheid onder alle Suid-Afrikaners te skep oor die negatiewe impak wat geweld en mishandeling op vroue en kinders het.
• Teen skuldiges van sulke oortredings op te staan, sodat hul gedrag kan verander.
• Vennootskappe tussen die regering, privaatsektor, burgerlike samelewing, geloofs-organisasies en die media te verbeter en te versterk, om die boodskap uit te dra.
• Fondse vir ‘NGOs’ wat waardevolle steun aan slagoffers van geweld bied, te bekom.
• Inligting van sulke dienste en organisasies aan slagoffers te voorsien, wat kan help om die impak van geweld op hul lewens te verminder.
• Aktief met mans en seuns in gesprek te tree oor die geveg teen geweld in ons wonings, ons gemeenskappe en in werksplekke.
• Die stories van geslagsgeweld- en kindermishandeling slagoffers wat dit oorkom het, uit te lig, asook die impak van die veldtog op hul lewens.

Hoe kan ek 16 Dae van Aktivisme steun?
Dra ‘n wit lint oor die 16 dae. ‘n Wit lint is ‘n teken van vrede en simboliseer jou verbintenis om nooit geweld teen vroue en kinders te pleeg nie, of om dit goed te praat nie.

Ander maniere om die veldtog te steun
Bewillig van jou tyd en energie in steun van ‘n nie-regeringsorganisasie of gemeenskapsgroep wat in jou area werk om mishandelde vroue en kinders te help. Gebruik jou lewensvaardighede en kennis om slagoffers van mishandeling te help ondersteun.

Maak jou stem dik teen vroue- en kindermishandeling.
• Moedig vroue aan wat stilbly om oor hul mishandeling te praat en verseker dat hulle hulp kry.
• Rapporteer kindermishandeling by die polisie.
• Moedig kinders aan om boelies by hul onderwysers of skoolhoof te rapporteer.
• Moedig mans en seuns aan om oor mishandeling te praat en om sulke gedrag luid af te keur.
• Soek hulp as jy jou lewensmaat of kinders emosioneel, fisies of seksueel teister
• Praat en moedig vriende, familie en kollegas aan om standpunt in te neem teen die mishandeling van vroue en kinders
• Versprei die boodskap en praat saam op sosiale media
• Sluit by jou Gemeenskap-Polisiëring Forum (GPF) aan: Die gemeenskap en plaaslike polisie is aktiewe vennote om plaaslike veiligheid en sekuriteit te verseker. Die doel van die GPF is om effektiewe misdaadvoorkoming teweeg te bring deur intelligensie-gedrewe misdaadvoorkomingsprojekte in vennootskap met plaaslike gemeenskappe te loods.

Waar om hulp te soek
Kontak die volgende organisasies om vroue- en kindermishandeling aan te meld:
• Gender Based Violence Command Centre: Bel 0800 428 428 of skakel *120*786#
• Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150
• Rapporteer die verwaarlosing of mishandeling van ‘n kind: 0861 4 CHILD (24453)
• SAPD: 08600 10111
• Childline: 116
• Rapporteer die mishandeling van kinders of vroue aan die Departement Van Maatskaplike Ontwikkeling: 0800 220 250.
• Departement van Maatskaplike Ontwikkeling: Stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
• LifeLine (24-uur krisis-hulplyn): 021 461 1111
• Vind meer uit oor veiligheidsdienste vir vroue en kinders: Stuur ‘n by SMS met die woord INFO na 35 395.
• Indien jy ‘n getuie is en vir getuie-verwante redes vir jou veiligheid vrees, kan jy aansoek doen vir getuie-beskerming. Kontak die Getuie-Beskermings Eenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) by 012 845 6000.