Skip to main content
01 February 2024

Proses van Tydelike Padsluitings en Goedkeuring van Funksies in die Langeberg Munisipaliteit

Proses van Tydelike Padsluitings en Goedkeuring van Funksies in die Langeberg Munisipaliteit

Die Langeberg Munisipaliteit het 'n effektiewe goedkeuringsproses vir tydelike padsluitings geïmplementeer, wat 'n verantwoordelike, toegewyde regering uitbeeld. Hierdie gestroomlynde benadering verseker deursigtigheid, doeltreffendheid, en tevredenheid by die publiek. Kom ons volg die sleutelstappe van hierdie proses en ondersoek hoe dit aanpas vir funksies wat padsluitings vereis.

1. Indiening van alle Aansoeke:

Die eerste stap is om die voltooide aansoekvorms in te dien, insluitend die nodige dokumentasie vir padsluitings van die volgende:
Begrafnisse, matriekafskeide, Kulturele Vieringe ,Troues, Verjaarsdae en Familie Reunies.
Hierdie stap lê die grondslag vir begrip van elke versoek, en verseker dat daar in die volgende fases op doeltreffende verwerking gefokus word.

2. Konsultasie met Wyksraadslede:

Aansoeke word dan na die onderskeie Wyksraadslede vir Gemeenskapsbetrokkenheid gestuur vir hul kommentaar. Hierdie stap is ‘n belangrike skakel tussen die Munsipaliteit en die plaaslike gemeenskap.

3. Goedkeuringsproses van Direkteur
Memorundums en briewe, insluitend die aansoek en die raadslid se kommentaar, word saamgestel en by die Direkteur van Ingenieursdienste ingedien vir finale oorweging/goedkeuring. Hierdie stap beklemtoon 'n deeglike hersiening van elke aansoek.

4. Inligting aan Aansoeker Verskaf
Na goedkeuring, word onmiddellike kennisgewings aan aansoekers gestuur, wat hulle deur die betalingsproses lei. Deursigtige kommunikasie verseker dat aansoekers goed ingelig is oor die vordering van hulle versoek, wat vertroue in munisipale prosedures daar stel.

5. Gekoördineerde Kennisgewings aan Relevante Departemente
Na betalingsbevestiging word nodige goedkeurings aan sleuteldepartemente versprei, soos plaaslike SAPD- en verkeersdepartemente. Dit verseker rekordhouding en die vinnige aflewering van dokumente vir padsluitings.

Aanpassings vir Aansoeke van Funksies wat Tydelike Padsluitings Vereis:

6. Betrokkenheid van Bestuurder Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling:
Vir funksies wat padsluitings vereis, word die basiese aansoek ingedien, soos in nr 1 hierbo bespreek. Met die ontvangs van die padsluitingsaansoek, word dit aan die Bestuurder van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, Mev. Cook gestuur, wat die aansoeker ‘n aansoek vir die funksie laat voltooi.

7. Kommentaar en Goedkeuring
Die voltooide aansoek word aan Mev. S Jansen, Hoof Klerk Komitees, gestuur vir kommentaar. As die funksie goedgekeur word, spesifiseer die goedkeuringsbrief dat die goedkeuring onderworpe is aan die padsluitingsgoedkeuring. Die proses volg dan presies soos vanaf punt 2 hierbo genoem.

8. Aansoek vir Dranklisensie
Indien 'n dranklisensie benodig word, word die aansoekproses vir ‘n funksie gevolg. Die goedkeuringsbrief sê dat die padsluiting voorwaardelik goedgekeur is, onderhewig aan die goedkeuring van die dranklisensie. Die dranklisensie word as deel van die aansoek voorsien.

Hierdie aangepaste proses verseker dat funksies wat padsluitings vereis, glad en sonder foute in die bestaande goedkeuringsproses van padsluitings geintegreer word, wat ook ‘n verbetering van munisipale dienste is.

Ons beklemtoon dat die publiek daarop let, dat alle aansoeke vir funksies, ten minste 60 dae voor die geleentheid ingedien moet word.

Share