Skip to main content
09 October 2026

CLASS OF 2026: GOOD LUCK WITH YOUR MATRIC EXAMINATIONS

To all our Langeberg matriculants preparing to write their final matric examinations, I would like to wish each and every one of you the very best. You have worked hard to reach this important milestone in your school journey. Trust in the preparation you have done and believe in your ability to succeed.

As you enter the examination room, stay calm, remain focused, and give each paper your best effort. Read each question carefully, manage your time well, and do not let the pressure get the better of you. Remember to take care of yourself during this stressful period. Get enough rest, eat well, and take time to recharge between papers.

I also encourage our matriculants to make use of our public libraries as quiet spaces to study and prepare. Please contact your local library beforehand to check availability.

On behalf of the Langeberg Municipality, I wish all our matriculants strength, confidence, and success. May your hard work pay off, and may you achieve the results you have worked so hard to attain.

All the best, Class of 2026. Stay focused, believe in yourselves, and give it your all!

Alderman Schalk van Eeden
Executive Mayor, Langeberg Municipality


KLAS VAN 2026: STERKTE MET JULLE MATRIEKEKSAMEN

Aan al ons Langeberg-matrieks wat voorberei om hul eindeksamen te skryf: ek wil elkeen van julle alle sterkte toewens. Julle het hard gewerk om hierdie belangrike mylpaal in julle skoolloopbaan te bereik. Vertrou op die voorbereiding wat julle gedoen het en glo in julle vermoë om te slaag.

Wanneer julle die eksamenlokaal binnestap, bly kalm, gefokus en gee julle beste met elke vraestel. Lees elke vraag noukeurig, bestuur julle tyd goed en moenie dat die druk die beste van julle kry nie.Onthou om ook gedurende hierdie veeleisende tydperk na julself te omsien. Kry genoeg rus, eet gesond en neem tyd om tussen vraestelle te ontspan.

Namens Langeberg Munisipaliteit wens ek al ons matrieks krag, selfvertroue en sukses toe. Mag julle harde werk vrugte afwerp, en mag julle die uitslae behaal waarvoor julle so hard gewerk het.

Ek moedig ook ons matrikulante aan om van ons openbare biblioteke as rustige studieruimtes gebruik te maak om voor te berei. Kontak asseblief u plaaslike biblioteek vooraf om beskikbaarheid te bevestig.

Baie sterkte, Klas van 2026. Bly gefokus, glo in julself en gee julle alles!

Raadsheer Schalk van Eeden
Uitvoerende Burgemeester, Langeberg Munisipaliteit

Share