Skip to main content
24 April 2026

FREEDOM DAY MESSAGE FROM THE MAYOR - 27 APRIL 2026

Freedom Day reminds us of the historic moment in 1994 when South Africans from all walks of life stood together and chose democracy, dignity, and a shared future. It marks the country’s first democratic elections, a turning point that ended apartheid and laid the foundation for a constitutional democracy.

As we reflect on this journey, we honour the sacrifices made by those who fought for our freedom, and we recognise the responsibility we carry to protect and strengthen it. Freedom is not only about the past, but also about what we do with it every day, including how we build our communities, support one another, and create opportunities for all.

In Langeberg, we remain committed to improving service delivery, promoting inclusivity, and working together with our residents to build a municipality where everyone can thrive.

Let us continue to move forward with unity, respect, and a shared vision for a better future.

Alderman Schalk van Eeden
Executive Mayor of Langeberg Municipality


 VRYHEIDSDAG BOODSKAP VAN DIE BURGEMEESTER – 27 APRIL 2026

Vryheidsdag herinner ons aan die historiese oomblik in 1994 toe Suid-Afrikaners uit alle dele van die samelewing saamgestaan het om ‘n demokratiese, waardige toekoms te kies. Dit herdenk die land se eerste demokratiese verkiesing, ’n keerpunt wat ‘n einde aan apartheid gebring het en die grondslag gelê het vir ’n grondwetlike demokrasie.

As ‘n terugblik op hierdie reis, eer ons die opofferings wat gemaak is deur diegene wat geveg het vir ons Vryheid, en erken ons die verantwoordelikheid daarvan om dit te beskerm en te versterk. Vryheid gaan nie net oor die verlede nie, maar ook oor wat ons elke dag daarmee doen, insluitend hoe ons ons gemeenskappe bou, mekaar ondersteun en geleenthede vir almal skep.

In Langeberg bly ons daartoe verbind om dienslewering te verbeter, betrokkenheid te bevorder en saam met ons inwoners te werk, om ’n munisipaliteit te bou waar almal kan groei en vooruitgaan.

Kom ons bou voort aan   eenheid, respek en ‘n gedeelde visie vir ‘n beter toekoms vir almal.

Raadsheer Schalk van Eeden
Uitvoerende Burgemeester van Langeberg Munisipaliteit

Share