07 August 2025
UPDATE ON SINKHOLE REPAIR PROGRESS ON VOORTREKKER ROAD, ROBERTSON
Dear Residents,
We would like to provide you with an important update regarding the sinkhole that occurred at the intersection of Voortrekker Road and Reitz Street in Robertson on 17 July 2025. Voortrekker Road is a Provincial Road for which the municipality has taken responsibility for repairs due to the collapsed sewer pipeline.
Causes of the Collapse
Following an in-depth investigation by WEC-Consult and Langeberg Municipality, it was found that a gradual structural failure of the old main sewer pipeline beneath the intersection led to the sinkhole.
The sequence of events is as follows:
• Aggressive sewer gases corroded the inner concrete lining of the reinforced concrete pipe, exposing and eventually disintegrating the embedded steel reinforcement.
• This corrosion weakened the pipe’s structure, which ultimately collapsed under the weight of surrounding materials and traffic vibrations.
• The collapse allowed nearby sand to be drawn into the sewer system, creating a growing underground void.
• Over time, this void expanded until the road surface could no longer support traffic, resulting in the sudden formation of the sinkhole.
Progress of Repairs
Emergency measures were quickly implemented to secure the site and divert sewage flow. The collapsed section of the pipeline has been replaced with a 6-meter Class 12 PVC pipe, and a new prefabricated concrete manhole is currently being constructed. Road reconstruction is underway following Provincial Road standards, ensuring long-term durability and safety. It is expected that the repair work will be completed by Friday, 15 August 2025.
Recommendations for Future Prevention
To prevent similar incidents, the following actions are advised:
1. Conduct detailed inspections of the adjacent sewer infrastructure to identify other vulnerable sections.
2. Implement regular CCTV inspections and gas detection monitoring to identify early signs of corrosion.
3. Replace old concrete sewer pipes with corrosion-resistant materials such as PVC or HDPE.
4. The above is dependent on the availability of funding
We thank you for your patience and cooperation during this period. Your safety and the stability of our infrastructure remain our highest priorities.
_____________________________________________________________________________________________________
HERSTELVORDERING VAN SINKGAT BY VOORTREKKER STRAAT, ROBERTSON
Geagte Inwoners,
Ons wil u graag inlig oor die vordering met die herstelwerk ná die sinkgat-insident wat op 17 Julie 2025 by die kruising van Voortrekkerweg en Reitzstraat in Robertson plaasgevind het. Die Munisipaliteit het die verantwoordelikheid gevat vir die herstel van Voortrekker weg wat n Provinsiale pad is as gevolg van die ineenstorting van die hoof-rioollyn.
Oorsaak van die Ineenstorting
Na aanduiding van ‘n in- diepte ondersoek deur die WEC Konsultant en Langeberg Munisipaliteit, is bevind dat die sinkgat ontstaan het as gevolg van ‘n geleidelike strukturele ineenstorting van die ou hoof- rioollyn onder die padkruising.
Gebeure wat tot die insinking gelei het:
- Aggressiewe rioolgasse het die binnekant van die versterkte betonpyp laat roes , wat die staalversterking blootgestel en uiteindelik laat disintegreer het.
- Die struktuur van die pyp is verswak deur bogenoemde proses, en die gewig van die pad en vibrasies van swaar verkeer, het uiteindelik bygedra tot die ineenstorting daarvan.
- Die ineenstorting van die pyp het tot gevolg gehad dat die omliggende sand in die rioolstelsel ingetrek is, wat 'n ondergrondse holte laat ontstaan het.
- Met verloop van tyd het hierdie ondergrondse holte al groter geword wat daartoe gelei het dat die padoppervlakte nie meer die gewig kon dra nie en die sinkgat laat ontstaan het.
Vordering van Herstelwerk:
Noodmaatreëls is vinnig ingestel om die terrein te beveilig en die rioolvloei te herlei. Die beskadigde gedeelte van die pyp is vervang met 'n 6-meter PVC-pyp, en 'n nuwe beton mangat word tans gebou. Die her- opbou van die pad geskied volgens Provinsiale spesifikasies om langtermyn stabiliteit te verseker. Dit word voorsien dat die herstel werk teen Vrydag 15 Augustus voltooi sal wees.
Aanbevelings vir toekomstige voorkoming:
Om soortgelyke voorvalle te voorkom, word die volgende stappe aanbeveel:
- Voer deeglike inspeksies uit van die oorblywende ou rioolpype om ander kwesbare dele te identifiseer.
- Stel 'n program in plek vir gereelde inspeksies met behulp van CCTV en gasdeteksie-tegnologie.
- Oorweeg die vervanging van ou betonpype met roesvrye materiale soos PVC of HDPE.
- Die bogenoemde is afhanklik van die beskikbaarheid van befondsing.
Ons waardeer u geduld en samewerking gedurende hierdie tyd. Die veiligheid van ons gemeenskap en die betroubaarheid van ons infrastruktuur bly 'n prioriteit.