Skip to main content
15 January 2024

RONDLOPERDIERE

Beeste wat naby die paaie in die Langeberg area los rondloop en wei is ‘n gevaar vir padverbruikers en het die vraag laat ontstaan: “Wie is verantwoordelik vir hierdie rondloperdiere?

Die Wes-Kaapse department van plaaslike regering het ‘n verordening insake rondloperdiere geimplimenteer, maar omdat die meeste rondloperdiere nie gebrandmerk word nie, is dit moeilik om die eienaar/s te identifiseer en skriftelike waarskuwings / boetes uit te reik.
Die Landbouwet vereis dat diere gebrandmerk moet word maar die toepassing en bestuur hiervan moet deur die Munisipaliteit in samewerking met ander regeringsfere plaasvind

Volgens Langeberg Pounds By-Law, Hoofstuk 3: is die volgende van toepassing wanneer die beslaglegging van diere vir skut oorweeg word:
• 'N Verlore, verlate, verdwaalde, onwettige dier op privaat of openbare grond, of 'n dier wat nie deur sy eienaar onder behoorlike beheer gehou word nie, kan gekonfiskeer en geskut word.
• In die geval van 'n dier wat in 'n openbare plek gevind word, kan die volgende persone op die dier beslag lê: lid van SAPD; lid van die SANW; wetstoepassingsbeampte of die provinsiale departement verantwoordelik vir padverkeersake; 'n gemagtigde amptenaar van die munisipaliteit; 'n skuthouer; 'n werknemer van enige Vereniging vir die Voorkoming van Wreedheid teenoor Diere in die Provinsie; of enige ander persoon wat van tyd tot tyd deur die munisipaliteit bepaal word.

Die persoon wat die dier konfiskeer, moet dit so vining as moontlik, via die kortste roete by die naaste skut aflewer. Die eienaar van die dier is verantwoordelik vir die koste aangegaan en kry 7 sewe dae grasie om die uitgawes te betwis. Die eienaar moet ook binne 7 sewe dae nadat die dier geskut is in kennis gestel word daarvan per skrywe vanaf die skut waar die dier aangehou word. Indien die eienaar nie die fooie en redelike uitgawes betwis nie, maar versuim om fooie / boete teen die gegewe datum te betaal, kan daar by die landdroshof aansoek gedoen word dat die dier deur die skut verkoop mag word.

Tans maak Langeberg Munisipaliteit gebruik van die skut op Swellendam, maar het reeds aansoek gedoen om befondsing van die Wes-Kaapse regering vir die oprigting van ‘n skut .
Rapporteer rondloperdiere by ons 24/7-inbelsentrum:
• Skakel: 0860 88 1111 / 023 615 2219
• WhatsApp: 065 211 7822
• E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

U kan ons ook tydens kantoorure op Facebook, Twitter en Instagram bereik.

Share